Die Daggaboer
Jean-Pierre de Kock
Human & Rousseau
Resensie: Lenore Hasse
Hierdie boek was ‘* maklike lees met pragtige beskrywings en kwinkslae eie aan die Afrikaanse taal.
Die hoofkarakter, Lennet Loots, het die stad en sy beroep as rekenmeester verruil om alleen op ‘* plot in Baardskeerdersbos te gaan bly. Hy het beperkte toegang tot e-pos en besit darem ‘* selfoon.
Hy leef afgesonderd in ‘* karavaan met ‘* aangetimmerde vertrek en klink na ‘* taamlike eksentrieke mens. Hy dra ‘* kaftan en praat met homself en sy plante. Klassieke musiek is sy groot gunsteling en hy ken die note uit sy kop.
Om geld te verdien het hy ‘* gastehuis wat soms aan toeriste verhuur word. Hy vererg hom vir die gaste wat morsig leef en baie lawaai. Om sy inkomste aan te vul, plant hy daggaplantjies in ‘* tonnel. Hy beskryf hoeveel ure ‘* mens moet bestee om die verskeidenheid produkte te maak.
Almal irriteer hom en hy bots dikwels met mense. Ons leer ken karakters soos Sêra, die huishulp en die daggahandelaar, Everest. Sy broer Konrad, ‘* mediese dokter wat tans in Kanada bly, en sy pa wat aan Alzheimer se siekte ly – die twee karakters laat hom altyd voel hy moet sy lewenskeuses verduidelik.
Hy vertel van sy voormalige geliefde, Cecilia en hoe vreeslik hy haar mis.
Lennet is paranoïes en vermoed hy word dopgehou. Hy besoek Gansbaai om inkopies te doen en dit ontaard in baie aksie en spanning.
Lennet se diepe denke en hallusinasies word sekerlik aangehelp deur sy eie dagga wat hy gebruik in die vorm van kanna-olie.
Die boek het ‘* verrassende einde.
Ek het die boek vinnig gelees en het Jean-Pierre de Kock se beskrywende taal vreeslik geniet.